Ekonomiese oorlewing

Met die Rand wat in die laaste week vreeslik geval het, kan daar verwag word dat die reserwebank aan die einde van Januarie, rentekoerse met 50 basispunte sal verhoog. Dit beteken natuurlik dat die maandelikse terugbetaling op skuld sal verhoog. Die swakker Rand beteken ook dat ingevoerde goedere se pryse sal verhoog en met die droogte, sal daar ook heelwat voedsel ingevoer moet word. Dit sal inflasie verder onder druk plaas wat verdere rentekoersverhogings nie onmoontlik maak nie.

 

Die enigste klein stukkie goeie nuus, is dat ru-olie se prys besonder laag is, wat sal verhoed dat vervoer koste van goedere nie ook inflasie verder onder druk plaas nie. Moet egter nie ‘n verlaging in brandstof prys verwag nie, aangesien die ru-olie prys in Doller bepaal word.

 

Om hierdie onseker ekonomiese tydperk te oorleef, stel ons voor dat verbruikers die volgende doen:

 

1. Spaar soveel as moontlik.

 

Al dink jy dinge is nou taai, dit gaan waarskynlik nog moeiliker gaan voor dit beter begin gaan.

 

2. Betaal skuld af.

 

Die beste belegging wat jy kan maak, is om jou skuld te delg. Begin met die duurste skuld eers (gewoonlik skuld met die kortste termyn).

 

3. Moenie nuwe skuld maak nie!

 

Spaar eerder die beskikbare fondse wat jy het, as om nuwe skuld te maak.

 

4. Hersien jou persoonlike begroting.

 

Kyk veral na onnodige uitgawes en gebruik die besparing om skuld te delg.

 

5. Hersien jou versekering.

 

Meeste verbruikers betaal te veel vir hulle versekering, bloot omdat hulle dit nie gereeld hersien nie. Kontak ons gerus vir ‘n gratis kwotasie.