Bekendstelling van Finkor Boekhoudienste

 

Dit is vir ons aangenaam om Finkor Boekhoudienste te verwelkom by die Finkor groep. Die Direkteur van die maatskappy is Charmaine van den Berg en sy het 15 jaar ervaring in die Finansiële sektor. Sy beskik oor ‘n wye kliënte basis wat baie tevrede is met haar uitmuntende diens en spoedige terugvoering op navrae.

Jy het ‘n innoverende boekhouer nodig wat die rugsteen het van ‘n finansiëledienste groep. Daarom is Finkor Boekhoudienste die regte keuse vir jou onderneming.

Finkor boekhoudienste bied akkurate, vriendelike diens en hul diensaanbod sluit die volgende in:

  • Boekhoudienste
  • Bestuurstate
  • Finansiële state
  • Begrotings en vooruitskattings
  • Kontantvloei beplanning
  • Belasting opgawes
  • Vergoedingskommissaris
  • Belastingklaringsertifikaat
  • BEE voorbereiding en hernuwings

en meer

‘n Goeie ondernemer besef die belangrikheid van tydige en akkurate boekhouding, aangesien dit die telbord is van die sukses van die onderneming en help met die bestuur van die onderneming.

Finkor boekhoudienste is gefokus op koste-effektiewe, akkurate boekhouding en opstelling van finansiële jaarstate wat voldoen aan die vereistes van die wet.

Vir bekostigbare en staatmaker diens kontak hulle gerus by 012 743 6862 of 083 413 1495.

charmaine@finkor.net

www.boekhou.finkor.net

IMG_9930

 

KRY MEER AS NET ‘n BOEKHOUER. KRY GEMOEDSRUS.