Die Mini-begroting en die belangrikheid van jou belastingpraktisyn

ce76bdc73d6e45b9bb0d71422308a9ac

Soos verwag het Minister Pravin Gordhan aangekondig dat die belastinggaarder volgende jaar die belastinglas gaan verhoog. Die verhoging is ‘n verwagte R28 triljoen.

Dit blyk dat belastingbetalers reg deur die bank hul hande dieper in hul sakke gaan moet steek, alhoewel mens kan verwag dat die hoër inkomstegroepe die grootste deel hiervan gaan betaal.

Dit word daarom uiters belangrik dat belastingbetalers nie meer betaal as wat hulle wetlik verplig is nie en deur gebruik te maak van ‘n belastingpraktisyn is een van die maniere om dit reg te kry.

‘n Geregistreerde belastingpraktisyn moet aan sekere vereistes in terme van opleiding en ondervinding voldoen alvorens hulle kan registreer en word boonop verplig om jaarliks DPO (Deurlopende Professionele Opleiding) te doen. Dit verseker goeie kennis van die belastingwet wat weer die gemoedsrus verskaf dat die kliënt nie meer belasting betaal as wat nodig is nie