Die Suid-Afrikaanse ekonomie is onder druk, of is dit?

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is onder druk, of is dit?

 

Oor die laaste 12 maande het die Rand 32,7% waarde verloor teen die VSA dollar en verhandel tans teen R15,59. Teen die Euro 30% en teen die Britse pond 22,4% in dieselfde tydperk. Opmerklik is die groot verskil tussen die Dollar en die Pond, wat kan beteken dat dit nie so goed gaan met die Britse ekonomie nie.

 

Sedert die begin van die jaar het die JSE alle aandele indeks gestyg met 2,2% en in hierdie maand tot op datum (4 Maart 2016) met 4,8%. In werklikheid het die JSE Donderdag op ‘n hoogtepunt vir die jaar gesluit. Vergelyk ons hierdie syfers met VSA se Dow Jones, dan sien ons die Dow het jaar tot op datum met -2,8% gegroei en maand tot op datum met 2,6%. Die Britse FTSE het jaar tot op datum met -2,2% gegroei en maand tot op datum met 0,7%. Insiggewend genoeg is daar nie een van die groot wêreld ekonomie wat jaar tot op datum ‘n positiewe groei gewys het nie. Dan lyk SA se 2,2% groei vir die jaar glad nie so sleg nie.

 

Ten spyte van politieke foute wat die Rand pakslae gegee het, gaan dit dus betreklik goed met Suid-Afrika se ekonomie vergeleke met die res van die wêreld. ‘n Swakker geldeenheid kan ook ekonomiese voordele inhou en behoort ondernemings nou daarop te fokus om goedere uit te voer. Waarskynlik het die swakker Rand ook ‘n reuse bydra gelewer met die 21,8% jaar tot op datum groei in die Suid-Afrikaanse hulpbron indeks. Die grootste risiko vir Suid-Afrika se ekonomie is steeds arbeidsonrus en gevolglike stakings en natuurlik ondeurdagte politieke optrede.