Korttermynversekering

June 24, 2014

Finkor het kontrakte met meeste van die korttermyn versekeringsmaatskappye, aangesien vyftien jaar se ondervinding op hierdie gebied geleer het dat net soos verskillende kliente se behoeftes verskil, teiken verskillende versekeringsmaatskappye verskillende mark segmente.

 

Vir Finkor is dit belangrik om elke klient se unieke behoeftes te  identifiseer en dit aan te spreek deur die risiko te plaas by die versekeringsmaatskappy wat daardie behoeftes die beste bevredig, teen die beste moontlike premie.

 

Polisse word ook jaarliks hersien. Tydens hierdie hersieningsproses word voertuig en ander versekerde items se waardes aangepas en word hierdie veranderings met die klient bespreek.   

Lewe