Kies of jy ʼn bybetaling wil hê op jou voertuig versekering.

ʼn Krap op jou voertuig se deur of ʼn ligte stampie teen die hek. Sulke onvoorsiene ongelukke kan veroorsaak dat jy ʼn bybetaling moet bydra vir die regmaak van jou voertuig. Dit kan soms op ʼn ontydige tyd wees wat daardie klein bedrag ʼn reuse las kan maak.

Het jy geweet jy het die opsie om nie ʼn bybetaling te betaal nie. Dit beteken dat die premie van jou voertuig hoër kan wees maar dat daar geen bybetaling of ʼn laer bybetaling sal wees indien jy sou eis. Vir kliënte wat ʼn groter risiko dra – soos byvoorbeeld iemand wat in spitstye beweeg en langer afstande reis, sal die afkoop van bybetaling ʼn beter opsie wees.

Skakel Finkor  versekeringsdienste (ʼn gemagtigde finansiële diensverskaffer) om uit te vind oor die opsie. Vir die beste diens in jou taal.

012 940 4271