Agtergrond

June 24, 2014

Finkor is ‘n groep wat bestaan uit verskeie ondernemings en professionele persone wat gesamentlik meer as 60 finansiële-en besigheidsdienste aanbied. Al die ondernemings in die groep dryf handel in Afrikaans en is kliënt gefokus, dit maak dus net sin om onder een handelsmerk handel te dryf, aangesien dit bemarking heelwat vergemaklik.

Die groep bied rekeningkundige-, versekering-, bemarking– en regsdienste aan en het spesialiste bekom op elke denkbare finansiële- en besigheidsdiens, sodat daar uit die groep aan al ‘n kliënt se finansieledienste behoeftes voldoen kan word. Kliënt behoeftes vloei in verskeie diens- en produk behoeftes, wat in die praktyk beteken dat ‘n kliënt vir dieselfde behoefte na meer as een organisasie moet gaan vir ‘n oplossing. Finkor oorbrug hierdie probleem deur al die nodige kundigheid onder een sambreel te plaas.

Ons leef in ‘n digitale era, waar verbruikers se gewoontes verander. Ondernemings moet ook hierdie vinnig veranderende tendense in ag neem wanneer hulle bemarking beplanning gedoen word. Dit het amper onmoontlik geword om besigheid te doen as jy nie ten minste ‘n webwerf het nie, maar dan moet jy ook weet hoe om verkeer te lok na daardie webwerf toe. Finkor bly op hoogte van hierdie veranderende tendense en help besighede om op ‘n bekostigbare wyse te baat by die bemarking geleenthede wat die digitale era bied.

Logo kleiner