SARS gaan nie op vakansie nie. Onthou die sperdatums!

holiday-01

Die Feestyd is om die draai en dis byna tyd vir die meeste van ons vir ‘n welverdiende vakansie.

Ongelukkig gaan SARS nie vakansie hou nie. Dit is belangrik om rëelings te tref om te verseker dat, indien dit vir jou of jou besigheid geld, indienings en betalings vir die volgende sperdatums betyds gedoen word:

  • 07/12/2016 – EMP201 (November 2016 LBS opgawe)
  • 23/12/2016 – BTW201 (November 2016 BTW opgawe, handindiening)
  • 30/12/2016 – BTW201 (November 2016 BTW opgawe, indiening en betaling via E-filing)
  • 06/01/2017 – EMP201 (Desember 2016 LBS opgawe)
  • 31/01/2017 – IB12 (Persoonlike belastingopgawes – voorlopige belastingbetalers)
  • 28/02/2017 – IRP6 (Voorlopige belastingopgawe)