Verandering in tegnologie – Hou jou besigheid by?

“Internet Live Stats”, ‘n maatskappy wat webwerwe op die wye web monitor, het aangekondig dat daar nou oor die 1 Miljard webwerwe is (duisend Miljoen). Die internet het hierdie jaar (April) 25 jaar oud geword. In die 25 jaar het daar dus …ELKE DAG oor die 100 000 nuwe webwerwe die lig gesien.

‘n Navorser maatskappy het onlangs bevind dat Sosiale media bemarking 100% meer sukses het om ‘n voornemende-kliënt om te skakel in ‘n kliënt as wat gewone buite-bemarking doen. 75% van bemarkingbestuurders van groot maatskappye het in die afgelope 2 jaar hulle bemarking gefokus op sosiale media.

Verder is al hoe meer besighede besig om tegnologie in te span om ook die besigheid se administrasie, finansies en bestuur te vergemaklik en meer profesioneel te maak.

As u onderneming dus nie ‘n webwerf het nie, of nie sosiale media op ‘n daaglikse basis vir bemarking gebruik nie, of ook nie tegnologie inspan in u administrasie, is dit tyd om met FINKOR te skakel.

FINKOR se besigheidsdienste afdeling sal graag saam met u die pad wil loop om u besigheid op die voorpunt van tegnologiese verandering te laat floreer. Verskeie bemarkingspakkette is ook beskikbaar waar ons u kan bystaan in webwerwe, sosiale media bemarking en ander.